Mens moet rus

Vanoggend bel ek iemand om hulle kerk toe te nooi Sondag. Hulle kan verniet kom eet ook. Antwoord hulle: Ons werk heel week baie hard, en ons moet Sondae rus, so ons sal nie kom nie.

 

Ek dog dis juis hoekom ons kerk toe gaan? Om te rus by die Lewende Water?

#SabbathIsForPrayingAndPlaying

Advertisements
Posted in Bediening, Dissipelskap, iWonder, kerk, Uncategorized | Tagged , , | Lewer kommentaar

Hoedjies van papier

Onthou jy as kind die woorde van die liedjie “Hoedjies van papier?” Ek onthou nie regtig die doel van hierdie liedjie nie, en ek verstaan ook nie die idee daaragter nie, maar ek dink vandag daaraan. Want hoe maklik gee ons nie vir mense hoedjies van papier nie. Ons maak van hulle ons helde, sit krone op hulle voorkoppe en ons verafgod hulle amper. Mense wat nie gekies het om in die openbare oog te leef nie, mans en vrouens wat nie gevra het dat hulle op straat oral herken word en gestop word vir ‘n geselsie nie. Mense wat nie sommer gou kan gaan melk en brood koop nie, want dit word met al die stop en gesels en hanstekeninge uitdeel, ‘n twee uur lange operasie. 
Van die slegte kant van roem kan ek julle seker niks vertel nie. Ons hoef net te dink aan mense soos almal se geliefde prinses, Prinses Diana, se tragiese afsterwe om ons te herinner hoedat die media soms die grens van menslikheid en ordentlikheid oorsteek, om na sensasie te soek. Hierdie bekendes is voortdurend onder die vergrootglas, en almal weet altyd alles van hulle af. Weet watter tandepasta hulle gebruik. Weet hoeveel sjokelade hulle koop. Weet waar hulle geëet en gedrink het, en ook hoeveel. Kan jy dink hoe sou dit wees as almal altyd al hierdie inligting van jou geweet het?
Ons bou hierdie mans en dames in ons harte op en slaan hulle tot Ridder en Prinses. Ons na-aap hulle kleredrag en tegnieke, en plaas hulle op ‘n troontjie- ‘n preekstoel as’t ware. Ons geen vir hulle elleen ‘n kroontjie, en hang ‘n mantel van verantwoordelikheid om hulle skouers. En dan, eendag op ‘n reëndag, val hulle van hierdie troon af. Kom ons agter die hoedjie van papier is nie sterk genoeg om die eise van die wêreld te weerstaan nie. Ons word wakker met nuusflitse dat so-en-so weer dit-of-dat gedoen het. En alles val inmekaar. Dink maar aan die verhaal van Hansie Cronjé. Dink aan die man wie se naam hierdie week op almal se lippe was – Joost van der Westhuizen.
Iets wat my hierdie week op al, die vorige keer wat Suid Afrika só saamgesnoer is deur die afsterwe van een van hierdie helde van ons, die geval was met Hansie Cronjé. En as ‘n mens mooi gaan kyk, dan sien ons ook ander ooreenkomste in hulle lewens. Ons sien twee mans wie openlik hulle geloof bely het. Ons sien mans wat huishoudelike helde geword het. Menigte wedstryde in baie van ons-verseker óns agterplaas- het op ‘n Satermiddag ‘n Hansie of ‘n Joost gehad as kinders teen mekaar wedywer. Twee mans wie gevorder het tot kapteine van ons Nasionale span, wie die respek en bewondering van sportliefhebbers en -spelers wêreldwyd geniet het. Twee mans wie op die kruin van hulle onderskeie golwe, oordeelsfoute begaan het. En gevolglik het hulle in baie se oë baie aansien verloor.
Maar nie vir my nie. Verstaan mooi-ek sê nie onwettige weddenskappe en ‘n buite-egtelike kafoefel is aanvaarbaar nie. Wat ek sê, is wanneer iemand uitgevang word dat hy/sy so oordeelfout begaan het, reageer hulle op een van twee maniere, en ter wille van die genoemde voorbeelde gaan ek na mans verwys, maar dit kan netsowel vroulik ook wees. Óf hulle is jammer dat hulle uitgevang is, óf hulle is jammer omdat hulle besef hulle was verkeerd. Punt. Nou hier is die verskil: Die ou wat net jammer is dat hy uitgevang is, sal dit heel waarakynlik weer doen. Hy sal in die vervolg net beter beplan hoe om hierdie deeltjie van sy lewe geheim te hou. Die man wat jammer is dat hy dit gedoen het, kom na vore en erken hy was verkeerd, neem verantwoordelikheid om dit wat gebreek is te herstel, en vra die mense wie in die proses te na gekom is om verskoning. En dan doen hy alles in sy vermoë om die vertroue van sy mense waardig te wees. Ek dink beide Hansie en Joost was laasgenoemde.
Dit herinner my so bietjie aan die geval van die vrou in die Bybel wat betrap is waar sy owerspel gepleeg het. Jesus sê dan dat die een van die mans wat haar aankla wat sonder sonde is, die eerste klip moet gooi. En ewe skielik verdwyn hulle soos sjampanje uit ‘n bottel. Jy sien, Hansie en Joost het beide -dink ek- met meer aansien en respek ná hulle oortreding uit die stryd getree, as wat hulle op die kruin van die golf gehad het. Die rede daarvoor is dat hulle erken het dat hulle verkeerd was, die mense wie seergekry het om verskoning gevra het en daarna alles in hulle vermoë gedoen het om restitusie te bewerkstellig. En dit, vriende, is die verskil tussen ‘n man en ‘n held. ‘n Held is nie iemand met ‘n leliewit verlede nie, maar eerder iemand wat erken: selfs ek is feilbaar. Ek is nie sterk genoeg nie. Ek was dalk geestelik sterk genoeg om Shane Warne se goëlballe te trotseer. Ek was dalk sterk genoeg om met ‘n gekraakte rib die gevreesde Jonah Lomu op volspoed van voor te têkkel. Maar ek was nie sterk genoeg nie. Want ek is NIE untouchable NIE. En dit maak iemand in my oë ‘n held. 
Ek hoor vandag hierdie gedig, en dit laat my terugdink aan hierdie jong mans wat self besef het dat ‘n mens op baie goed kan roem, maar nie op ‘n hoedjie van papier nie:

 The Man In The Glass 

When you get what you want in your struggle for self

And the world makes you king for a day

Just go to the mirror and look at yourself

And see what that man has to say.
For it isn’t your father, or mother, or wife 

Whose judgment upon you must pass

The fellow whose verdict counts most in your life

Is the one staring back from the glass.
He’s the fellow to please – never mind all the rest

For he’s with you, clear to the end

And you’ve passed your most difficult, dangerous test

If the man in the glass is your friend.
You may fool the whole world down the pathway of years

And get pats on the back as you pass

But your final reward will be heartache and tears

If you’ve cheated the man in the glass. 

     -Peter Dale Wimbrow Sr.

Posted in iWonder, Uncategorized | Lewer kommentaar

Something to ponder

Worry is interest paid on trouble before it comes due.

Aanhaling | Posted on by | Lewer kommentaar